Welkom

Dankie dat jy my blog lees.

Ek is ‘n baie groot Steve Hofmeyr en Blou Bul ondersteuner.

Wel, ek is enkellopend en miskien ontmoet ek nog my lewensmaat in syberspace. Ek noem ook met trots dat ek 3 kinders het:

My dogter Naomie, getroud met Ervin en my kleinseun Owen is te dierbaar vir woorde. My 2 seuns Jonathan en Christopher.

Jy kan baie interesante dinge op die blog verwag. Eerstens is ek besig om ‘n opname te maak van al ons legendes wat die afgelope jare oorlede is. Sien Hulde Aan Legendes tab bo.

 Help my asseblief met die datums, name wat ek uitgelaat het en met enige foute wat ek gemaak het.

Het jy al die een gehoor?

Advertensie in die LOOPBANE afdeling van die koerant

“Ongetroude man, gewillig om te reis,
alle kostes gedek. Moet eie sker en skeermes hê.”
Koos doen aansoek.
“Ja,” sê die klerk, “dis ‘n modelagentskap. Hulle soek iemand om die
vroue modelle te skeer en hulle bikini-lyne te trim. Die job betaal baie
goed,
maar daar is ‘n paar negatiewe aspekte. Jy sal moerse baie moet travel -
Bahamas, Tahiti,
London, Parys — en natuurlik heeldag in kaal modelle
moet vaskyk.”
“Gaaf,” sê Koos, “waar gaan ek vir die onderhoud?”
“Hier in die Kaap,” sê die klerk, “en hier is jou treinkaartjie Secunda
toe.”
Koos vra verward: “Secunda?? Ek dog die interview is in die Kaap??”
Klerk gee hom ‘n skewe kyk: “Ja, maar dis waar die einde van die F#*&#*
queue is!!!”

9 Responses

  1. Hi, this is a comment.
    To delete a comment, just log in, and view the posts’ comments, there you will have the option to edit or delete them.

  2. Hi Boegie

    Oulike blog hehe heel spontaan ! Geluk hou so aan !

    JayCee

  3. Goeiemiddag, Boegie

    Baie geluk met die spoegboek (wat is die korrekte Afrikaans vir “blog”?).

    Ding beaam JayCee se opmerking: dit lyk goed, baie goed!

    Indien Ding mag, sal ek weer kom inloer.

    Tot dan, as daar ‘n dan is, geniet elke skeppende oomblik!

    LX_Ding

  4. Mmmm… Boegie. Een dag en no.1 op wordpress. Gaan betuig jou dank aan ander fans daar op Steve se blog! :)
    Voorspoed man, waar is jou hit counter??

  5. Hi Boegie

    Dit lyk goed…hou so aan! Ons sal aanhou lees…jy moet net aanhou skryf!

  6. Boegie

    Baie geluk, dit lyk goed en is lekker lees materiaal.
    Charmaine

  7. Welkom in blogland. There’s no turning back ;)

  8. Waarom is dit belangrik hoeveel bekendes deur misdaad geraak word? Elke mens op hierdie aarde is gelyk en elkeen kry ewe veel seer deur misdaad in hierdie land. Maar as iemand bekend is skryf die koerante daaroor. Ons ander gewone belastingbetalende burgers van hierdie land moet maar in stilte opvreet wat na ons kant toe kom.

  9. Hi Alta

    Sien my terugvoering op vandag se inskrywing.

Leave a Reply