AfriForum en gesinslede van die vermoorde Pretoriase kleuterskoolhoof, mev. Rinda Abraham (55), het gisteroggend saam met lede van die gemeenskap ʼn kransleggingseremonie buite die Pretoriase landdroshof gehou om hulde te bring aan mev. Abraham en alle ander slagoffers van geweldsmisdaad in Suid-Afrika. Verteenwoordigers van die Kleutermaatjies-kleuterskool, waarvan mev. Abraham die hoof was, het ook die verrigting bygewoon. Die kransleggingseremonie het saamgeval met die verskyning van die verdagtes in die moord op mev. Abraham, naamlik Dinis Nhome (36), Christovão Ndima (19) en ʼn derde verdagte wat beweer dat hy minderjarig is. Mev. Abraham is op die nag van 26 Januarie 2008 – enkele ure na die Skielik-begrafnis – met ʼn enkele skoot in die hart doodgeskiet nadat drie mans haar en haar gesin in hulle huis in Waterkloofrif, Pretoria, oorval het.
Lede van die gemeenskap het tydens die kransleggingseremonie plakkate vertoon wat vra waarom die ANC-politici en ander persone wat onlangs die tragiese moorde by Skielik buite Swartruggens misbruik het om rassespanning aan te blaas, nie ook sterk standpunt teen die moord op mev. Abraham inneem nie. Geen van die politici of groeperings wat betogings tydens die verskyning van die Skielik-verdagte gereël het, was by vandag se hofverskyning van die verdagtes in die Abraham-moord teenwoordig nie.
Kriel het gewaarsku dat rasgedrewe dubbele standaarde by politici oor hoe hulle op moorde reageer, polarisasie in die samelewing kan verhoog, wat uiteindelik ʼn spiraal van rassegeweld kan afgee – iets wat in niemand se belang is nie. Volgens Kriel het AfriForum reeds die Menseregtekommissie (MRK) amptelik versoek om ʼn omvattende ondersoek te loods na die moontlikheid dat daar ʼn sterk verband tussen politici se “misbruik van tragiese gebeure soos die Skielik-skietvoorval om rasse-haat aan te blaas” en moorde op wittes – soos dié op mev. Abraham – bestaan.
Tydens vandag se kransleggingseremonie het AfriForum agttien kruise vertoon, ter simbolisering van die meer as 18 000 moorde wat jaarliks in Suid-Afrika gepleeg word. ʼn Groot foto van mev. Abraham is teen die hofgebou vasgeplak en 55 rose is daarby geplaas, een vir elke jaar wat mev. Abraham gelewe het voor sy vermoor is.
Intussen het ʼn sielkundige wat deur AfriForum gekontrakteer is, reeds met beradingsessies by die Kleutermaatjies-kleuterskool in Pretoria begin. Die skool se personeel en kinders is erg deur die moord op mev. Abraham getraumatiseer.
Om ‘n lid van AfriForum te word kontak:
Cobus se e-pos, cobusv@solidariteit.co.za en direkte landlyn nommer +27(0)12 644 4340.
Filed under: Uncategorized Tagged: | AfriForum


Dankie vir wat jy doen Boegie. Elke bietjie help.
Vra jouself af, sal die politici hulle rasse agendas self ook so verraai as daar ‘n toeris geskiet word tydens die 2010 wereldbeker??