AfriForum

Ek het vandag vir die tweede keer geld geskenk per sms. R10 aan AfriForum. Maklik, sms net die woord FORUM na 38655. Sekondes daarna sms hulle terug met ‘n dankie dat ek Afriforum help om my stem laat hoor het met my bydrae.

afriforum.jpg

AfriForum is ‘n forum waar ons gemeenskap se stem gehoor word in ‘n samelewing waar minderhede – soos Afrikaners en die Afrikaanse gemeenskap – toenemend geïgnoreer word. AfriForum bied juis ‘n Forum vir die konstruktiewe aktivering van minderhede tot deelname aan die openbare debat en aksies, om sodoende ‘n toekoms vir ons in Afrika te verseker.

AfriForum, ‘n onafhanklike inisiatief van die vakbond Solidariteit, is ‘n nie-winsgewende instelling wat daarna streef om hierdie onttrekkingskringloop uit die weg te ruim. Die proses spoor minderhede konstruktief tot deelname aan die openbare lewe en debat aan.

Kontak Cobus om lid te word. Dis maklik en daar is baie voordele.

Cobus se e-pos, cobusv@solidariteit.co.za en direkte landlyn nommer +27(0)12 644 4340

Leave a Reply