david_rattray.jpg

David Rattray, ’n kenner van die Anglo-Zoeloe-oorlog, is Vrydagaand in sy plaaswoning, drie keer deur inbrekers geskiet wat sonder enige buit gevlug het.
Die moord op die “wit Zoeloe” is prominent in Britse koerante gebruik en selfs pres. Thabo Mbeki word gekritiseer omdat hy die misdaadkrisis in die land minder belangrik laat voorkom ter wille van die Wêreldbeker-sokkertoernooi in 2010 wat in Suid-Afrika gehou sal word.
Rattray se suster, Julia, het aan die koerant gesê dat hy sy hele lewe gewy het aan die Zoeloe-gemeenskap en het nou sinloos aan hul hand gesterf.
“Dit was my pa wat ons as kinders geïnspireer het om die edele sterftes van beide die Zoeloes en die Britse soldate van die 1800’s te eer.
“Hy was een van die grootste ambassadeurs wat die land gesien het en nou is hy weg.”
“Hy het kos op hul tafels gesit en hulle die waardigheid gegee wat hulle nie geniet het sedert hulle krygsmanne was nie. Hy het hulle met respek behandel.”

Advertisements

Anton Goosen word ook aangerand

anton.jpg

Die legendariese Afrikaanse sanger en liedjieskrywer Anton Goosen is op sy plaas deur vier rowers aangerand en kaal langs ’n plaaspad gelos.

“Hulle het my met ’n ysterding teen my kop gem**r. My hele kussing was vol bloed,” het hy vertel.

“Onthou jy hoe Madiba en Francois (Pienaar) in 1995 die beker opgelig het? Dinge is nie meer dieselfde nie. “Misdaad het ’n kultuur geword en wit én swart word geraak,” sê Anton

Wie is volgende: Patricia Lewis, Kurt Darren, Jaco van der Westhuizen? Ek wag in spanning. Lyk my ek gaan by die einde van die jaar all Suid Afrikaanse bekendes op die blog gelys he. Waar gaan dit eindig? Hoeveel bloed moet nog vloei voordat misdaad uitgeroei word?

Luister gerus na RSG – Sondag:

19:30 – 20:00
Oop GesprekAanbieder: Flip Loots

28 Januarie 2007
Waar pas misdaad in by God se wil?
Ten spyte van pres. Thabo Mbeki se versekering dat die misdaadsituasie in die land onder beheer is, stem baie Suid-Afrikaners nie saam nie. Benewens die oproep dat die regering sterker maatreëls daarteen moet instel, word daar ook toenemend gevra waar misdaad dan inpas in God se wil.

Die paneel wat saamgesels, is dr. Johan Visser, kliniese sielkundige in privaatpraktyk, Steve Hofmeyer, bekende sanger, asook prof. Nico Koopman, dosent in Dogmatiek en Etiek asook direkteur van die Beyers Naudé Sentrum vir Publieke Teologie aan die Universiteit van Stellenbosch.

En moenie Steve op Saampraat met Sandra op SAUK 2 Saterdag 6:30 misloop nie.

www.missingkids.co.za

armand.jpg

Kan jy glo dat hierdie pragtige kind vermis is? Dit is so tragies! Check gerus hul website uit: www.missingkids.co.za

The Power of a Picture—Photo Distribution
It’s a fact: 1 in 6 recoveries are a direct result of a lead generated by a missing child’s photograph as distributed by SACMEC. Photo partners work with us to distribute photographs of missing children—further increasing the odds of finding a missing child.

EK NOOI ALLE BLOGGERS UIT OM ‘N FOTO VAN ‘N VERMISTE KIND OP HUL BLOG TE PLAAS.

Dankie Steve

steve6.jpg Jou optrede en teenwoordigheid laat mense wakker skrik.

Kannie wag vir die 3de Februarie wanneer die Bulle die Sharks se gatte gaan skop nie!

blouvoorblad.jpg

Die mier en die springkaan

Lank gelede het ‘n mier en ‘n sprinkaan saam op dieselfde stuk veld gewoon.

Gedurende die somer het hierdie mier dag en nag gewerk sodat hy genoegsame voorraad kon inbring vir die naderende winter. Hy het selfs sy huis so ingerig dat hy warm en beskut sou wees gedurende dielang, koue winter maande.

Intussen het die sprinkaan singend rondgehop en al die gras gevreet waaraan hy behoefte gehad het. Ook het hy, sodra die drang tot paring in hom opgestu het, dit onverwyld met die eerste beste maat bevredig.

Die winter het gekom en daarmee saam die bitter koue wat die gras laat vrek het. In sy warm huisie het die mier geen tekort gehad nie, terwyl die sprinkaan – wat hom nie op die winter voorberei het nie -van honger en ontbering omgekom, en ‘n horde klein sprinkaantjies sonder kos of skuiling agter gelaat.

Die legende leer mens dus om hard te werk sodat jy vir jouself en jou kroos kan sorg

DIE SUID AFRIKAANSE WEERGAWE
Die eerste deel van die storie is dieselfde, maar omdat dit in Suid-Afrika afspeel eindig dit nie daar nie*****.
Die verhongerde, verkluimde nasaat van die sprinkaan wil weet hoekom die mier toegelaat word om warm en gevoed te wees terwyl hulle reg langsaan in die aller haglikste omstandighede sonder kos en klere moet leef.
‘n Televisie-span maak hulle opwagting en beeldsend tonele van die Mier in sy gemaklike huis met ‘n spens vol kos – en die wereld is stom geslaan.
“Hoe is dit moontlik?” vra hulle. “Moontlik vir die mier om in soveel weelde in hierdie lieflike omgewing te bly, terwyl die arme sprinkane so ly?”
In ‘n oogwink is SASU * die Suid Afrikaanse Sprinkaan Unie – gestig.
Hulle kla die mier aan van “spesie diskriminasie” en beweer dat die Sprinkane slagoffers is van 30 miljoen jaar se groen onderdrukking.
Hulle loods ‘n protesoptog voor die mier se huis en breek omtrent die hele straat af. Tydens ‘n Televisie-onderhoud sê hulle almal dat indien daar nie gehoor gegee word aan hulle eise nie, hulle gedwing sal wees tot kriminele lewens. Net vir oefening steel hulle een van die TV-span se bagasie, vermoor die bestuurder en kaap die span se voertuig.
Die GHK – Gryp en Herverdeel Kommissie – regverdig hierdie gedrag deur te se dat dit die nalatenskap is van die mier se diskriminasie teenoor-en onderdrukking van die sprinkane. Hulle eis dat die miere die Sprinkane om verskoning vra vir alles wat hulle, hulle aangedoen het en dat hulle die sprinkane moet vergoed vir alles wat nog ooit deur die geskiedenis heen aan ‘n sprinkaan gedoen is.

GATSAK – Goed Aardiges Teen Sprinkaan Afknouing en Kastyding – Verklaar dat hulle ‘n heilige oorlog teen miere begin.

Die President verskyn op die agt uur nuus en se dat hy alles in sy vermoe gaan doen vir die sprinkane. Die sprinkane wat hulle verdiende welvaart ontneem is deur diegene wat onregmatig bevoordeel is gedurende die somer.
Die Regering plaas EEVA – Ekonomiese Egalisasie Van Agtergeblewenes –
Op die wetboeke, terugwerkend tot aan die begin van die somer. Die mier word beboet omdat hy nie genoegsaam groen insekte in sy diens het nie, en omdat hy niks oor het om sy agterstallige belastings mee te betaal nie, vat die Staat sy huis vir her-verdeling.

Die verhaal eindig waar die sprinkaan wegle aan die laaste bietjie van die mier se voedsel terwyl die Staatshuis waain hy bly – wat net toevallig die mier se gewese tuiste is – rondom hom inmekaar val omdat hy nie weet hoe om dit in stand te hou nie, en eerlikwaar ook glad nie omgee nie.

Op die TV – wat hy en ‘n paar van sy vriende van ‘n ander mier gesteel het – sien die sprinkaan die President voor ‘n klomp Wilde dansende en luid singende sprinkane staan en aankondig dat ‘n nuwe era van “gelykheid” op die veld aangebreek het.

Intussen word die mier nie toegelaat om te werk nie, want hy is  Histories deur die veld bevoordeel. In sy plek is tien sprinkane aangestel drie in baie senior posisies met byvoordele – om die Gras in te samel voor die winter. Maar dit lyk asof dit nie die verlangde resultate lewer nie, want die sprinkane werk net twee ure per dag net op die dae waarop hulle opdaag vir werk – en steel dan die helfte van alles
wat hulle in daardie tyd geoes het.

Dan is dit weer winter, en te min Gras is ge-oes. En die sprinkane staak en eis ‘n 150% loon-verhoging sodat hulle kos
kan koop.
Kos wat nou ingevoer moet word omdat die sprinkane nie genoegsame voedsel op hulle eie veld kanproduseer nie.

Die mier pak sy tassies en emigreer na ‘n ander veld toe waar hy ‘n hoogs suksesvolle voedselmaatskappy begin en ‘n miljoener word deur kos uit te voer na sy ou veld toe. 

hellopeter.com

Hoekom is ek so mal oor hellopeter.com?

Wel, ek was onskuldig gelys op die ITC omdat ‘n sekere selfoon maatskappy nie hul beloftes nagekom het nie. Ek het vir ‘n kontak geteken waar hulle belowe dat dit glad nie meer as R125 per maand sal wees nie. As jy al die lugtyd opgebruik, dan moet jy pre-paid aankoop. Aan die einde van die eerste maand was my rekening oor die R500. Ek het die kontrak gekanseleer en die selfoon terug gestuur. Maande later is ‘n aansoek vir ‘n vakante pos afgekeur. Ek wou ook ‘n motor koop en dit was ook afgekeur. Ek het ITC en die maatskappy genader en genoem dat die kontak nie nagekom was nie. Hulle wou niks weet nie.

Ek plaas toe my storie op hellopeter.com en siedaar – my naam is af van ITC! 

Shine 4

Hoe kan ek dan ‘n blog he sonder my 4 gunsteling chicks?

shine4.jpg