My hart as kinders verdwyn.

bleedingheart.gif

Advertisements

Ons KAN saamstaan!

kruiwaens.jpg

Emosionele misdaadslagoffers en familielede van slagoffers het gister op ’n snikhete dag in Pretoria geduldig twee uur lank gewag om 32 000 briewe van Suid-Afrikaanse misdaadslagoffers aan pres. Thabo Mbeki se kantoor te oorhandig. Volgens mnr. Dirk Hermann, adjunk uitvoerende hoof van Solidariteit, het die presidensie aanvanklik geweier om die briewe in ontvangs te neem. Dié derduisende briewe wat per e-pos gestuur is, is deur Solidariteit, misdaadslagoffers en familielede van slagoffers in 30 kruiwaens na die Unie-gebou gestoot waar die presidensie dit uiteindelik moes aanvaar.

Trots op julle!!

cricket.jpg

Geluk manne. Dit was nou lekker krieket. Veral die naweek toe Pakistan sleg 8 loppies na 10 overs gekry het met die verlies van 2 paaltjies.

Voorspoed vir die wereldbeker – ek weet somer julle gaan die beker vir ons terugbring. Julle maak dinge ‘n bietjie meer positief vir al ons Suid-Afrikaners. 

Dankie Steve en Joost

joost.jpg

Mag wat met dié kind gebeur het, ook pres. Thabo Mbeki se hart raak.Só het die oud-Springbokkaptein en -skrumskakel Joost van der Westhuizen gister gesê toe ook hy sy protesstem teen die misdaadvlakke in die land laat hoor het. Van der Westhuizen het saam met ander bekendes in Randfontein saamgetrek om hul steun te toon vir mnr. Diederick en mev. Anél Esterhuizen van Culemborgpark, die ouers van die vermoorde vyfjarige Daniëlle. Van der Westhuizen se sanger-vrou, Amor Vittone, en die sanger Steve Hofmeyr was ook daar. Bykans 300 mense, onder andere familielede en vriende, het stil en bedaard buite die landdroshof protes aangeteken teen borgtog vir die twee mans wat aangekeer is nadat hulle na bewering vir Daniëlle doodgeskiet het. Nog verdagtes word gesoek.Daniëlle is op haar ma se skoot in die voorkop geskiet tydens ’n gesinsuitstappie by die Riebeeckmeer-ontspanningsoord in Randfontein. “Ek het gestem vir ’n nuwe SA, maar dié een lyk nie die helfte soos die een waarvoor ek gestem het nie,” het Steve gesê.Steve het vertel hoe sy “Kersfees en vakansie behoorlik opgebogger was” toe hy van die moord op Daniëlle gehoor het. “Dis hoekom ek hier is. Ek kan nie met die nuwe vyand in ons land – misdaad – saamleef nie.“Dankie vir die swart mense van ons land wat hier is vandag en wat ons geleer het hoe om hierdie ding (protesaksie) te doen. Julle het ons mooi geleer!”

oc.jpg

www.geagtepresident.co.za

Stuur ‘n brief aan President Mbeki

Neem deel aan Solidariteit en Afriforum se anti-misdaadveldtog deur ‘n brief direk aan President Mbeki se kantoor te stuur. Vul net jou naam, van en e-pos adres op hul webwerf in en kliek op stuur, ten einde jou boodskap aan te stuur.

afri.gif

Nou kom ons nader aan die waarheid – amper daar.

“Ons gaan al julle wit mense doodmaak.”
Só het ’n rower glo die naweek aan mnr. Martin Vermeulen (28) geskreeu nadat Vermeulen se vriend oomblikke tevore doodgeskiet is.
Mnr. Albie Greyling (25) is Vrydag omstreeks 19:30 dood toe hy op sy ma se grasperk in Eldoraigne, Pretoria, bo die linkeroog geskiet is.
Greyling, wat in Desember aan me. Sandra Barnard verloof geraak en Vrydag die laaste paaiement op haar ring betaal het, was ’n finalejaar- paramediese student aan die Universiteit van Johannesburg.
Volgens me. Yolanda Barnard, ’n woordvoerder vir die familie en Barnard se suster, was Greyling Vrydag toevallig by die huis. Hy sou na ’n braai gaan, maar het sy klere eers by die huis afgelaai. Hy bly in die week in Johannesburg.
“Sy ma, Susan (60), is omstreeks 19:00 deur drie rowers in haar woonstel oorval. Die rowers het haar agter die kop met ’n rewolwer geslaan en uit die huis gehardloop met haar selfoon en R700.
“Dis toe dat die rowers hulle in Martin en Albie vasloop. Hulle het eers ’n skoot op Martin afgevuur, maar hy kon betyds wegkom. Dis toe dat Albie geskiet is.
“Martin het agter na die swembad toe gehardloop waar hy deur die rowers vasgekeer is. Hy het vir hulle gesê hulle kan alles vat, hulle moet hom net uitlos. Die rowers het toe gevlug.
“Die verdagtes het met die tannie in Afrikaans gepraat, maar wat my die meeste ontstel, is dat hulle vir Martin gesê het hulle gaan al ons wit mense doodmaak.”
Die familie wil ’n trust skep sodat Eldoraigne beveilig kan word, “want Albie was net ’n toevallige slagoffer en ’n mens gaan nie verniet dood nie”, het Barnard gesê.

vanwyk.jpg

’n Voormalige Suid-Afrikaanse fietsrykampioen is in sy huis in ’n gesogte woonbuurt vermoor.Mnr. Etienne van Wyk (29) was in 1998 Suid-Afrika se o.23-padrenkampioen.Van Wyk, wat sy eie vervoermaatskappy bedryf het, se lyk is gister deur ’n werknemer, me. Denise Rabie, in die eetkamer van sy huis in Sputnikstraat gekry.Van Wyk se huishulp en tuinwerker het glo gisteroggend onraad vermoed toe hulle die voorhek se klokkie gelui en niemand oopgemaak het nie.Rabie het gaan ondersoek instel en Van Wyk op die vloer sien lê. Paramedici van Netcare 911 is na die toneel ontbied, maar Van Wyk was reeds dood.Hy het op sy maag in ’n plas bloed in die eetkamer gelê. Sy regterarm was onder sy liggaam ingevou. Hy het ’n gapende wond aan die agterkant van sy kop gehad.“Dit lyk asof hy met iets soos ’n pyp of ’n stomp voorwerp teen die kop geslaan is.“Hy is vermoedelik ook verwurg,” het mnr. Leander Craven, ’n jare lange skoolmaat van Van Wyk, gister aan Beeld gesê.Die huis was netjies en niks is gesteel nie. Bloedspatsels in die gang, enkele meter van waar sy lyk gekry is, is een van die min aanduidings dat hy dalk in die gang aangeval is.“Ek is seker daarvan dat hy uit wraak of so iets vermoor is. Hy het Vrydag van sy drywers afgedank,” het Van Wyk se ma, Irma, gistermiddag aan Beeld gesê.Volgens insp. Dawie Pretorius, woordvoerder van die polisie in Nelspruit, was ’n veiligheidshek op die stoep gesluit, maar was die sleutels aan die binnekant in die slot. Die skuifdeur het ook oopgestaan. “Hy was ’n bondel energie en pret. Hy het vir fietsry geleef,” het mnr. Bertus van den Heever van Polokwane (Pietersburg), ’n mede-fietsryer en vriend, gister gesê.