Hansie Cronje

Naas Botha se dat Hansie Cronje nie by die “Hall of Fame” geplaas gaan word nie.

Ek het baie van Hansie Cronje gehou en dink hy was ‘n briljante krieket speler. Maar ongelukkig moet ek saam met Naas Botha stem. Hy hoort nie in die “Hall of Fame” nie omdat sy wedstryd knoeiery SA en krieket se aangesig baie skade gedoen het. En die Proteas het nooit die wereld beker onder sy kapteinskap gewen nie – hulle was en is nog steeds chokers.

Sekere mense se dat Naas nie ‘n voet het om op te staan nie aangesien hy ‘n buite egtelike kind het. Maar dit is persoonlik, Hansie se wedstryd knoeiery was nie persoonlik, dit was te doene met sy beroep as kaptein.

Wat dink jy? 

Advertisements

11 Responses

  1. sharks is nie sharks nie maar meermin

  2. Ek weet darem nie. Hansie was ‘n uitstekende krieketspeler en Kaptein. Is dit nie maar waaroor dit gaan nie? Hierdie rugby speler het ‘n rekord vir dronkbestuur, daardie een vir belasting ontduiking. Wat ookal. Hulle sal nie daaroor gediskwalifiseer word nie, want dit gaan oor hulle spel. Naas Botha moenie gediskwalifiseer word nie, want hy was ‘n goeie rugby speler. Ek hou bloot nie van die veragterlike mannetjie nie want hy het nie die klinkers om te erken dat dit sy kind is nie (i/s die buite egtelike kind), nooit finansieel gehelp uit sy eie uit nie en wou nie eers met die kind praat / ontmoet nie, maar niemand gaan ooit vra was hierdie Naas Botha ‘n eerbare man nie. As hulle sy beeld in die Hall of Fame sien, gaan al wat tel wees dat hy ‘n goeie rugby speler vir Suid Afrika was. DUS Hansie hoort ook daar.

  3. Hi Boegie

    Ekke weet net van Naas se kind, was Hansie ooit skuldig bevind? ek meen in ‘n hof, nie die nasionale media nie.

    Feit bly staan … mense se privaat sake het niks met die publiek te doen nie … waarde vir geld is al wat hulle ons regtig skuld … ek stem daar 200% saam met Steve.

    Naas het Rugby gespeel Hansie Krieket. Altwee was baie goed in wat hulle gedoen het. Altwee het ons baie waarde vir geld gegee.

  4. Het Hansie nie skuld erken nie? En het sy wedstrydknoeiery nie vir SA internasionaal in die verleentheid gestel nie? ‘n Kwessie van “shame” ipv “fame”. ‘n Groot jammerte want hy was goed in sy spel en leierskap. Wat hy gedoen het kan egter nie met Naas se huismoles vergelyk word nie. Ek is nie ‘n Naas aanhanger nie, maar hy was ‘n goeie ambassadeur vir sy sport en vir SA.

  5. Ai ou Boegie waar is jy, hou jy nog lekker lannnnggg naweek, eers raak Jasper weg, so stil stil, en nou jy?

  6. tyresgr5h

  7. Steve praat jy nou in tale? Of moes hierdie ‘n prentjie gewees het?

  8. Ek voel dat al het Hansie ‘n fout gemaak…kyk na dit wat hy wel vermag het! Dan besluit mens of hy die ‘haal of fame’ verdien…hoeveel jaar was hy Kaptein? Hoeveel jaar het hy vir SA gespeel? Wat was sy averages? Beoordeel hom eerstens as SPELER dan as persoon…dis tog die krieketspeler wat hom ‘fame’ gegee het…

    Anyhow Boegie…kontak my assembliefies toe! Dalk gaan jy my kan help met so klein ondersoekie in die IT bedryf…ek nie te slim met die goed van IP adresse ens nie…..

  9. Boegie waar is jy dit is al die 7de April jong!

  10. Sorry Platkuif, ek moes jou kommentaar verwyder. Ek laat nie toe dat Steve se naam beswadder word hier nie. Dis nie die Sondag koerant nie.

  11. Nee wat hy hoort nie daar nie, maak nie saak hoe goed hy gespeel het nie, hy het gekroek. Dit sou die boodskap uitstuur: kroek maar, jy kan nog steeds hier vereer word.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Verander )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Verander )

Connecting to %s

%d bloggers like this: