Hansie Cronje

Naas Botha se dat Hansie Cronje nie by die “Hall of Fame” geplaas gaan word nie.

Ek het baie van Hansie Cronje gehou en dink hy was ‘n briljante krieket speler. Maar ongelukkig moet ek saam met Naas Botha stem. Hy hoort nie in die “Hall of Fame” nie omdat sy wedstryd knoeiery SA en krieket se aangesig baie skade gedoen het. En die Proteas het nooit die wereld beker onder sy kapteinskap gewen nie – hulle was en is nog steeds chokers.

Sekere mense se dat Naas nie ‘n voet het om op te staan nie aangesien hy ‘n buite egtelike kind het. Maar dit is persoonlik, Hansie se wedstryd knoeiery was nie persoonlik, dit was te doene met sy beroep as kaptein.

Wat dink jy? 

Advertisements