Nuwe blog speletjie

Ek gaan vadag ‘n nuwe blog speletjie begin.

Die doel van hierdie speletjie is om die volgende organisasies te bevoordeel uit dankbaarheid vir hul bydrae:

SSSB – Steve Hofmeyr se spoegblog omdat, o so baie redes. Kortliks vir sy musiek talent. Ek sluit die adveteerders op die blog in omdat, saam maak ons ‘n span.

ABSA – Omdat hulle die Waarmaker toer vir Steve moontlik gemaak het en ons sodoende vermaak kan word met die konserte. Absa is natuurlik ook BBRU se borg.

BBRU – Die Blou Bul Rugby Unie en hul borge omdat die Bulle die eerste SA span is wat die Super14 gewen het.

Hoe werk die speletjie?

Baie eenvoudig: Ek adverteer en bring besigheid in vir die bogenoemde. As ek, byvoorbeeld iemand kan oorreed om sy selfoon kontrak na Vodacom oor te skakel dan tel sy gemiddelde maandelike verbruik vir my punte. Die voorbeeld van Vodacom geen my maandelikse punte en daar is ook maniere om eenmalige punte te bekom soos byvoorbeeld om positiewe kommentaar op Hellopeter te verskaf.

Reels:

As 2 van dieselfde borge deelneem, mag ek byvoorbeeld nie ‘n kontrak vanaf die een na die ander oorskakel nie. Dis vanselfsprekend want dis teenstreidig.

Kan almal deelneem?

As jy jou eie blog het, natuurlike. Kompeteer met my sodat ons kan sien wie het die meeste punte.

Kan ek my eie span saamstel?

As daar enige ander talentvolle persoon soos Steve is met adverteerders, maak ‘n voortel en ek sal dit oorweeg. Die Super14 span moet ten minste een keer gewen het. So, die Stormers en Sharks ondersteuners sal maar moet wag.

Enige voorstelle is welkom om die speletjie meer interesant te maak. En ek soek ‘n gepaste naam – enige voorstelle?

Hier gaan ek: My eerste punte.

Ek het my seun ooreed om sy prepaid selfoon vanaf Cell C na Vodacom oor te skakel. Hy gebruik gemiddeld R200, so 200 punte vir my. Jammer Cell C, word deel van die span.  ‘n Vriendin van my verjaar more. Het Waarmaker vir haar gekoop, nog 100 punte.

Lekker, miskien sien die organisasies raak wat ek doen en gee my ‘n prys. Sal hulle later laat weet van hierdie speletjie.

 

47 Responses

  1. Boegie, ek kop nie lekker nie…

    Moet ek nou ook vir SH en ABSA en Naarmaker ondersteun? Is daar bonuspunte as ek eerder bereid is om die nagwa se emmers te was?

  2. Gestorwe Soldaat, het dit oorweeg om jou kommentaar te verwyder maar sal nie want jy is ‘n gerespekteerde blogger. Jy hoef glad nie deel te neem nie hoor.

  3. Ek verstaan ook nie so lekker nie. Hoe presies beoog jy om advertensies te plaas? (WordPress en enigiets meer as ‘n animated gif is nie vreeslik groot pelle nie.)

  4. Johan, die Missing Children en AfriForum wat jy hier op my blog sien, is die manier waarop ek advertensies gaan plaas. Gaan later Resolution Health, Oasis, ens(BBRU se borge) so plaas. Ek het gedink 20 punte per maand vir elke advertensie. As ek e-mails stuur en byvoorbeeld 2 logos daarop plaas dan tel dit 1 punt vir elke logo vir elke e-mail adres. Raak lekker en interesant.

  5. Ek het ‘n naam: wat van Ad points? Of so iets. Ek verstaan ook nie lekker nie. En ja, wat doen jy met die punte? Of is dit hoekom dit ‘n speletjie is – net om te sien wie kry die meeste punte waarmee jy niks kan doen nie?

  6. Xanika, ja dankie vir die naam. Sal sien waarmee die ander voorendag kom. Se nou net ek kom by ‘n miljoen punte, dit wil se ek het R1 miljoen rand vir die betrokke besighede ingebring en geadverteer. Miskien raak Absa mal en gee my ‘n kar.

  7. Huh?

  8. Sorry ek het aanstooot gegee. 🙄 Maar die spulletjie bly nog steeds bietjie deurmekaar. Wie bepaal hoeveel punte kry jy vir wat? En wie hou telling? En hoe monitor jy jou poging die oomblik wanneer iemand anders byvoorbeeld jou e-pos aanstuur, en effektief ook so vir jou punte verdien?

  9. “n gepaste naam vir die spelletjie sal wees… Raas jou kop soos myne……
    Nou hoe gaan jy R1mil se besigheid inbring as mooi kommentaar los, Hoe weet ons jou seun het oorgegaan na vadacom, of kan ons dit sommer uit ons duime suig.
    Daar is baie makliker manier as jy wil geld maak uit borge, want ek sien jy wil.
    Ek sal elke dag julle hier kom moeilikheid gee en dan kan al die slakkies my kom sleg se…. dan kry jy baie hits, en dan kan jy dalk ‘n borg kry.

  10. Mmmm… dit lyk vir my sommer na ‘n toss speletjie, want ek ondersteun nie Steve of ABSA nie en die Blou Bulle wen net fights en rooi kaarte.
    Ek doen nie advertensies nie, want ek wil nie hê my blog moet lyk soos die eerste 17 bladsye van Huisgenoot nie. 😆
    Voorspoed egter hierdie kant, geniet hom! Hoop jy wen ‘n kar! 😉

  11. Die Gestorwe Soldaat, dankie vir kommentaar.

    Ek gaan ‘n lys opstel oor die punte. Soos byvoorbeeld 20 punte vir ‘n positiewe kommentaar op Hellopeter. Ek moet natuurlik die verwysing ontvang. Elkeen hou sy eie spreadsheet. Dan sal ek almal se punte aan die einde van die maand op my blog aanwys. Ek verdien slegs punte vir my eie e-mails uitgestuur. As die ontvanger dan dieselfde e-mail verder aanstuur tel dit nie maar die adverteerder baat nog daarby, dis wat ek mos wil he.

  12. Nee wat Da Mario, ek speel saam! 😉 Ek kleim die volgende punte:

    5 000 by MTN – ek hou immers by julle al is die diens so-so.

    3 145 728 by Telkom – julle ADSL rock! Ek geniet elke byte – en charge daarvoor!

    3 by Boegels – dis hoeveel keer ek al vandag hier was.

    9.83 – vir elke liter diesel… Dis ‘n moeilike som…

    Tel huur, inkopies, drank, girls ens. se spendings ook? En is ek voor? 😉

  13. Ek het die speletjie begin uit dankbaarheid. Enige pryse vanaf die maatskappy wat ek bevoordeel is maar net ‘n bonus.
    Jy is nie welkom hier nie en gaan more jou inskrywing delete. Het my password by die kantoor vergeet. Hierdie is nie besigheid nie en openbaar eerlikheid in teenstryd wat die koerante se dat ons kinders van die duiwel is.

  14. Bogenoemde kommentaar het betrekking tot Ricky Louw.

  15. Da Mario, welkom.

  16. DGS…
    As spending op girls tel gaan ek jou gat skop. Mark my words, you’ll eat them later…. 😛

    Boegie…
    Moet nou nie ou Ricky Louw se comment delete nie, dan gaan jy werklik soos ou Frankie begin lyk. Dikkes is mos geregtig op sy opinie.

    En het jy gesien? Jy het nou danksy ons al so paar plekke gespring op SA Top Sites.

  17. Jy het byvoorbeeld net die afgelope 40 odd minute alreeds 3 plekke gestyg. Dis nog so 250 agter my, maar keep it up, laat ons net bietjie hierdie blog warm redeneer! En laat Ricky Louw daai slakke bring, jy sal nooit jammer wees nie! 😉

  18. Da Mario – enige tyd! Solank jy hulle warm bedien… op ‘n warm blond! 😆

  19. DGS…
    Hulle sal witwarm rondom haar sexy naeltjie bedien word as jy wen, ek organise haar gou-gou… :mrgreen:

    Boegie…
    Ek het my 3G rekening van MTN gekry. Ek claim 201 394 578 punte vir is vir elke byte wat ek afgelaai het.
    En ek sal 3 aftrek om regverdig te wees want dis hoeveel keer ek na Steve se Waarmaker CD geluister het…

    Soldaat…
    Ek dink ek is nou voor! 😛

  20. DGS…
    Hulle sal witwarm rondom haar sexy naeltjie bedien word as jy wen, ek organise haar gou-gou… :mrgreen:

    Boegie…
    Ek het my 3G rekening van MTN gekry. Ek claim 201 394 578 punte vir is vir elke byte wat ek afgelaai het.
    En ek sal 3 aftrek om regverdig te wees want dis hoeveel keer ek na Steve se Waarmaker CD geluister het…

    Soldaat…
    Ek dink ek is nou voor! 😛

  21. No ways, Da Mario! Jy verbeur 300 000 000.4 punte omdat jy na Naarmaker geluister het! Nogals DRIE keer! En moet net asseblief nie sê jy was by ‘n konsert nie – dan word jy gediskwalifiseer! 😆

    /me regains the lead…

    Het Boegels gaan slaap?

  22. /me laat sak sy kop in skaamte….
    Ek was al by ten minste 5 van Steve se konserte, maar dit was voor Waarmaker….

    Sê ek kan nog deelneem o grote voorloper op punte?
    /me begin solank blonds se telefoon nommers opsoek…

  23. And to the victorious the spoils!

    Hierdie is ‘n kak game – Boegie speel nie saam nie! Ek quit terwyl ek voor is! Ek gaan tjaila! Voor my SA aan hierdie stoel vasgroei soos daai girl op die loo… 😆

    Ariewarie!

  24. Whahahaha!! 😆
    Nee maar geluk vir eers. Gelukkig neem Frank nog nie deel nie, hy kan 300 000 punte per dag claim. 😛

  25. Jy sien ou Boegels ek probeer ook net help. Soos jy sien is dit nie net ek wat dink dit sal nie werk nie. Dis eintlik snaaks dat die baas van die blog nou so kwaad is dat ek hier twak skryf, en my so graag wil delete, LOL maar kanie want die password le by die werk. En jy het vir almal daar by SSSB gese hulle moet kom kyk en nou sien hulle wat ek skryf en jy kan niks doen tot more. Pleks jy se dankie, jy het nou op ‘n aand meer comments gekry, as wat jy die hele laas maand gehad het.

  26. Hi ouens, kom kyk net gou wat julle gorrel. Maak my lag julle is nogal oraait. Moet my asb nie met Frank Botha vergelyk nie, ek laaik hom niks.

    Dit maak net baie seer as mense Steve en sy familie so verneder.

    • ag flip, hoe kan dit jou wil seer maak – is hy jou eige seuntjie. ‘n pampoen, net nie op ‘n dak nie.!

      wed jou dié comment gaan delete word 🙂

  27. Boegie, natuurlik is ons oraait! :mrgreen:
    Geniet jou aand ou maat!

  28. dit is apartheid se skuld

  29. Hoekom ek sekere kommentaar delete: Enige kommentaar wat Steve Hofmeyr, die Blou Bulle en hul adverteerders beledig sal ge-delete word. Enige persoon behou hom tog die reg voor om toe te laat wie hy by sy huis in nooi.

    Selfs Hellopeter.com delete kommentaar.
    Ek het hulle gevra hoekom die ‘n spesifieke kommentaar van my ge-delete is.

    Hul rede:
    Hellopeter.com is designed for comments relating to specific CUSTOMER SERVICE experiences.

    Ek gaan glad nie sleg voel hieroor nie.

  30. maar boegels hoe se jy dan nou. Jy het gese jy gaan my delete, maar ek is die enigste wat niks slegs van jou herder of die blou bulle of hulle duiwelse borge gese het nie. Nee man delete maar dan kry jy weer 5 comments per week, waarvan 3 jou eie is.

  31. Hi Ricky, ek het vanoggend weer rustig deur die kommentaar gelees en daar was sleg een ongewenste opmerking. So, jy pass tot nou toe. Welkom en jamer.

  32. Maar Boegie, Steve is gewoond daaraan dat 50% van die mense in die land hom nie like nie, hy het nie jou beskerming nodig nie. Baie mense laaik nie die Blou Bulle nie en hulle is fine. Hulle het nie beskerming nodig nie. Ekself is ‘n Blou Bul fan, maar as ek dink hulle speel swak dan kan ek dit tog mos sê. Die feit dat jy dit ontken, deur ‘n comment te delete gaan hulle nie beter maak speel nie of hoe? En as ABSA se bankkoste hoër as Nedbank is dan hoef ek mos nie ABSA te ondersteun nie?

    Nee man, laat elke ou toe om sy eie simpel opinie te gee, hy is tog mos geregtig daarop. Moenie comments delete nie man, een Frank Botha is genoeg.

  33. En Boegie, het jy gesien jy het nou al 10 plekke gespring van gister af?
    Dink daaroor…. 😉

  34. Da Mario, my probleem is dat die koerante mag se wat hulle wil. Hulle mag enige persoon of instansie beledig en verneder. Ek het juis hierdie speletjie begin oor wat hulle van alle Steve Hofmeyr en Blou Bulle se: (en ek haal aan uit die Sondag) – Alle aanhangers van Steve Hofmeyr en die Blou Bulle is dus in wese beset van die duiwel, aanhangers van die dier, kinders van die duister, santaniste in ons middel.

  35. Boegie, jy stel my erg teleur. Regtig! As jy nie kan sien daai stukkie is erg tong-in-die-kies geskryf nie, weet ek darem nie so mooi nie.

    Is jou moermeter in die rooi omdat iemand die closet se deur op ‘n skrefie oopgetrek het? :shockl: Sny ek naby aan die been as ek sê jy is in SH se gat opgekruip? 😯

    Komaan Boegie! Hierdie is ‘n blog, verdomp! En ons bly nie in China nie! Ek het nog nooit gesien dat jy sensuur toepas op enige uitsprake wat SH maak nie – wat maak sy opinie belangriker as myne? Hy mag mense slegsê, en dis maar orraait, maar wee die een wat hom teëgaan? Jy’s ‘n hypocrite, Boegie!

  36. DGS – jou opinie, los nou maar hierdie hypocrite uit dat ek my eie ding doen. Jy sal seer sekerlik bevok raak as iemand jou familie of iemand na aan jou beledig. Steve spreuk uit teenoor sy vyande en ja dit maak net dinge vir hom erger.

  37. Aai Boegie, ons lewe nie in silo’s nie… as jy daai manne wil exposure gee met hierdie game gaan jy omstredenheid moet kan vat.
    Ons kan jou nie uitlos dat jy jou eie ding doen nie! 😀

  38. Whahaha! Julle is vreeslik entertaining! Ek award julle sommer ‘n paar punte verniet! 😉

  39. en ekke word delete! Summier en sommer so!!!

  40. …arme Platterfuss… Watse wrok dra jy teen haar, Boegie?

  41. Nee, ek het vrede met almal. Ek en Platterfuss het al baklei. Maar ons tog vir mekaar om.

  42. Eish julle!! DM nadat ek nou gisteraand gehoor het hoe jy sing kry jy sommer van my af 1 punt (hie hie hie) maak dit 10 uit 10!

  43. Thanks girl!! 😀

  44. […] 14, 2008 at 1:30 pm · Filed under Ricky se Kak True to form, hierdie held van ons. ‘n Onskuldige speletjie, en ons held moet al weer kak maak. Ricky Louw, on April 8th, 2008 at 4:47 pm […]

Lewer kommentaar op Die Gestorwe Soldaat Kanselleer antwoord